Vonkelfees

Die Vonkelfees word op 27 en 28 Februarie op die oop stuk grond langs Highveld Mall se onderdakparkering gehou.
“Vanjaar gaan ’n belewenis wees,” het me. Sandra Maritz, een van die organiseerders gesê.
Sy het genoem daar is beslis weer ’n mallemeule. Daar gaan ook ’n biertent wees.

Stalletjies is beskikbaar teen R500 sonder krag en R700 met ’n kragpunt.
“Kom bespreek jou stalletjie vroegtydig en kom stal al jou mooi goedjies, handewerk, kunswerke en produkte uit,” het Sandra genooi.

Vir meer inligting of om jou stalletjie te bespreek, skakel Sandra: 081 568 1480.

Back to top button