Community galleriesGalleries

‘Oja’, so maak jy met sojabone

Oja! se sojabone word op ’n heel ander manier verwerk en dis dié proses wat hul produkte so uniek maak

Die Vroue Landbou-unie se Carpe Diemstreek het die mees interessantste praatjie oor sojabone gehad.

Op Donderdag 23 Januarie het Riëtte Strydom en Jannie Cloete van Oja!

Farms by die streeksvergadering kom inloer en meer vertel van dié veelsydige boon.

Oja! se sojabone word op ’n heel ander manier verwerk en dis dié proses wat hul produkte so uniek maak.

Die bone word drooggerooster.

By die huis week jy dit vir 20 minute in kookwater (dit swel tot drie keer die grootte).

Kook dan in aftreksel van jou keuse tot sag vir 20 minute.

Die gekookte bone kan dan in ʼn verseëlbare plastieksak in die yskas gebêre word vir ’n paar weke en as plaasvervanger vir vleis gebruik word in heerlike geregte soos bobotie, biefkasserol, breyani, sop en vele ander.

Dit is baie ekonomies, glutenvry, bevat 16% proteïne en is goed vir beheer van cholesterol.

Riëtte het ’n paar demonstrasies gedoen en die VLU-lede het heerlik gesmul aan die disse.

Check Also
Close
Back to top button