Local newsNews

Oudinwoner sterf ná tragiese botsing

Die gemeenskap en familie treur oor die skielike afsterwe van die geliefde dinwoner Louise Maria Stoltz, ná ’n botsing op OR Tambstraat.

Die botsing gister in Klipfontein het die lewe van ’n vrou geëis.


Louise Maria Stoltz (66) het aan haar beserings beswyk ná die botsing wat net ná 14:00 gebeur het.


Sy was saam met ’n vriend, Sakkie Oberholzer, op pad na ’n kerkfunksie toe die botsing by die kruising in OR Tambo-straat plaasgevind het.


Stoltz was ’n oudinwoner van eMalahleni en het al sedert 1970 hier gewoon.

“eMalahleni het ’n spesialie plek in haar hart gehad,” het haar skoonseun, Jannie Janse van Rensburg, gesê.


Hy het haar beskryf as iemand wat altyd tyd gehad het vir ander.

“Sy was liefdevol en spontaan, en ’n ware mense-mens. Sy het opreg belanggestel in almal se stories en het altyd tyd gehad vir ’n geselsie wanneer iemand se pad met hare gekruis het. Sy was ook verskriklik lief vir tuinmaak en het ’n groen hand gehad; haar plantjies en blomme was altyd pragtig om te aanskou. Haar warmte, omgee en vriendelikheid laat ’n diepe leemte. Ons gaan haar ontsaglik baie mis,” het Janse van Rensburg gesê.


Die familie bedank almal wat hulp verleen het by die botsingstoneel en ook by die hospitaal.

“Aan almal wat boodskappe en oproepe gestuur het, vir ons gebid en hul ondersteuning gebied het – baie dankie. Ook aan Marinda Luus, bestuurder by die Moth Retirement Village, en haar personeel, wil ons dankie sê vir hul hulp deur hierdie tyd. Julle omgee, vinnige optrede en vriendelikheid beteken vir ons familie meer as wat woorde ooit kan sê. Baie dankie uit die diepte van ons harte.”


Stoltz word oorleef deur haar dogter, Adrie Janse van Rensburg, haar seun, Piet Stoltz, en twee kleinkinders.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button