Galleries

Ek is onseker wat wag as ek dink

Bekende inwoner van Ga-Nala (Kriel) is gister begrawe. Voormalige polisieman, Jaco Postma se begrafnis het op 15 April plaasgevind. Yolanda Postma deel graag die foto’s met Jaco se familie en vriende wat die begrafnis as gevolg van COVID-19 inperking nie kon bywoon nie.

30/03/1969 – 06/04/2020

Bekende inwoner van Ga-Nala (Kriel) is vroeër die week begrawe. Voormalige polisieman, Jaco Postma se begrafnis het op 15 April plaasgevind. Jaco het die stryd teen kanker verloor.

Hier is ’n brief wat sy vrou Yolanda, wat ook ’n polisielid is, geskryf het.

My engel,

Jy is die lag in my oë, die traan op my wang en die asem in my longe. Jy’s die hartklop in my hart, die bloed in my are en die woord in my mond.

Jy is die dimpel in my glimlag en die gevoel op my vel.

Jy’s die wip in my stap, die tree in my loop en die vat in my vas-vat. Jy is die veiligheid in my vrees, die maanskyn in die nag en die sonskyn in die dag.

Jy is die warm as ek koud kry en my briesie in die hitte.

Jy is my lewe en alles waarna ek strewe …. Jy is die fluister in my ore en die geraas in die stilte. Ek is onseker wat wag as ek dink …aan jou menswees so sag.

Ek is bang vir die groot verlang.

Ek gaan jou mis sonder dat jy my troos. Ek gaan na jou hand tas wat altyd daar was.

Al wat ek glo en my hartjie troos is ….
Een ding weet ek vir seker is dat jy reg langs God vir my sal wag
Al my oneindige liefde vir jou.

https://www.citizen.co.za/witbank-news/155046/what-you-need-to-know-about-funerals-during-lockdown/

Check Also
Close
 
Back to top button