InternationalSport

Shania-Lee gaan na Italië

Eers het sy met ’n krieketloopbaan afgeskop, maar verlede jaar besluit om dié te verruil vir ’n rugbybal

Keer na keer is daar berig oor Shania-Lee Swart en sy het dus geen bekendstelling nodig nie.

Eers het sy met ’n krieketloopbaan afgeskop, maar verlede jaar besluit om dié te verruil vir ’n rugbybal.

Sy het vir die TUKS sewes rugbyspan uitgedraf nadat sy in Januarie 2018 haar rugbyloopbaan begin het.

Sy het die USSA Nasionale span gehaal maar moes ongelukkig onttrek weens studies.

Die sportfanatikus studeer tans elektriese ingenieurswese en het vakansiemodules gehad en sou dan ook saam die Suid-Afrikaanse span gaan toer het.

Hierdie jaar maak sy egter op vir wat sy verlede jaar gemis het.

Shania-Lee het weer die Suid-Afrikaanse span gehaal en is verlede week gekies om in Julie Italië toe te gaan.

Sy het ’n borg gekry en haar werksure kon net aangepas word sodat sy op hierdie toer kon gaan. Me. Mina Swart het gesê: “Hierdie toer gebeur net elke tweede jaar. Dit alles het net so perfek vir Shania-Lee uitgewerk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button