Jonelle bou aan reputasie van jong ouderdom af
Sy was buite skool betrokke by hoogspring en het by die Sub-Youth Championships ’n tweede plek behaal
Sport op skoolvlak is altyd ’n fees om aan deel te neem en word ook gebruik as ’n platvorm om talente te ontwikkel vanaf ʼn jong ouderdom.
Jonelle Hamilton-Atwell (13) was vanjaar in graad 7 by Laerskool Kragbron waar sy haar hele laerskoolloopbaan voltooi het.
Haar laaste jaar in dié skool was ʼn groot deel van haar toekomstige sukses.
Sy was onderhoofdogter van die skool en het goeie deelname getoon in die kunsfees en het altyd gespog met haar plek wat gewissel het onder die top 10 akademie lede.
Jonelle het haar vlerke meer gesprei op sportvlak; sy is ook ʼn baie talentvolle hoogspringatleet.
Sy het eerste plek gekry by Mpumalanga Athletics en het provinsiale klere verwerf.
Sy het ook ʼn derde plek by die South Africa Athletics (SA’s) verower.
Sy was buite skool betrokke by hoogspring en het by die Sub-Youth Championships ’n tweede plek behaal.
Sy het haar skool verteenwoordig in die eerste netbalspan en het ook haar provinsiale klere gekry vir hokkie en was deel van die eerste span wat as Mpumalanga-wenners geseëvier het.
Jonelle het doelgerigte drome en wil graag in die onderwys of ʼn mediese rigting beweeg om soveel as moontlik mense om haar te help om ’n verskil te maak.
Jonelle het ander doelwitte ook in plan en sê die volgende: “ek wil baie graag Olimpiese Spele toe gaan en Suid-Afrika verteenwoordig met my hoogspring en wil baie graag die binnenshuise Suid-Afrika span haal”.
Jonelle het baie talent om te wys en maak haar ouers baie trots, haar ma Adele sê: “As ouers is ek en my man baie trots op Jonelle, sy werk ongelooflik hard in alles wat sy doen en dit is spesiaal om te sien wat ʼn pragtige jong dame sy besig is om uit te draai”.
Jonelle is baie opgewonde om 2020 af te skop by Hoërskool Generaal Hertzog.
