Kragbron se personeel is op 13 Februarie ingelig om “tolgeld” te betaal alvorens hulle in die personeelkamer kon inkom. Almal moes iets in die vorm van toiletware as tolgeld betaal.Gewapen met tolgeld soos sjampoe, tandepasta, toiletpapier en vele ander middels het die personeel die oggend die personeelkamer betree.
Hierdie produkte is saam die bydraes van HGH se personeel afgelewer by Immergroen deur Kragbron se landsdiensleiers.
Hierdie is die begin van ‘n uitreik-projek en hierdie skole nooi ander skole om ook betrokke te raak by hierdie uitreik-aksie. Skakel gerus die twee skole vir navrae.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
