MotoringLocal newsNewsUpdate

De Beer skuldig

Die man wat ’n taxibestuurder twee jaar gelede vermoor het, is skuldig bevind op vier klagtes wat moord, roof, diefstal en regsverydeling insluit.

Mnr. Edward Charles de Beer sal egter moet wag vir ’n verslag wat sosiale werkers nog aan die hof moet voorlê voor hy sal hoor wat sy vonnis is.

Die saak is uitgestel tot 5 Mei wanneer die verslag in die hof aangehoor sal word. Dan eers sal ’n volgende datum vasgestel word vir sy vonnisoplegging.

De Beer het vanaf 10 tot 13 Maart in die rondgaande hooggeregshof in Middelburg verskyn en is skuldig bevind.
Hy is op 23 Februarie 2012 vir die moord op ’n taxibestuurder, mnr. Mpumelelo Peter Mabuza gearresteer.

De Beer se hofsaak het reeds op 27 Maart 2012 in Witbank Landdroshof begin toe borgtog van R5 000 aan hom toegestaan is.
De Beer het ’n bekentenis afgelê waarin hy gesê het hy het ’n taxi gebel om hom van eMalahleni na Phalaborwa te neem. Hy en Mabuza het stry gekry oor ’n voertuig wat hy by Mabuza wou koop. Tydens die argument het hy Mabuza doodgesteek.

Intussen het Mabuza se familie hom as vermis by Witbank Polisiestasie gaan aangee en genoem dat sy voertuig ’n opsporingstelsel het.

Nadat die opsporingstelsel geaktiveer is, is die sein tot in Phalaborwa gevolg. De Beer, wat in besit van die voertuig was, is vir diefstal gearresteer en op borgtog van R2 000 vrygelaat.

Speurders van Witbank SAPD het onverpoos gesoek en Mabuza se liggaam later, sowat 5km buite Lydenburg, gevind. Hy was in plastiek toegedraai.

De Beer is weer gearresteer dié keer vir die moord van die 22-jarige taxibestuurder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button