Die gasspreker Donderdag 15 Mei was bekende akteur, TV persoonlikheid en skrywer, Lizz Meiring. Die skoolsaal was pragversier en elkeen wat bygewoon het is bederf met geselligheid, geurige kos en prettige vermaak.
Kompetisies vir heerlike pryse het opwindende deelname gelewer. Claudia Scheepers van The Duck Pond het vir die dames ’n demonstrasie gelewer oor hoe om vinnige heerlike sjokolade truffles te maak waarmee jy jou gaste kan bederf.
Lizz Meiring het sketse en voorlesings gedoen waarmee elke vrou en dogter kon vereenselwig.
Die aand is terdeë geniet deur al die mammas en hul dogters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
