NewsSchools

HGH bloei soos kampioene vir SANBD

Hoërskool Generaal Hertzog leerders is as ware helde uitgewys.

Op 4 Junie het HGH ’n toekenning van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBD) ontvang vir die skool in Mpumalanga wat die afgelope jaar die meeste bloed geskenk het. Boonop beklee die skool die sestiende posisie landwyd!

HGH het deur die jare ‘n tradisie opgebou van bloedskenk. Een maal ‘n kwartaal kom besoek SANBD die skool en dan kry leerders geleentheid om bloed te skenk. Hierdie is ‘n groot geleentheid vir elke leerder wat kwalifiseer en kans sien om bloed te skenk.

Die wete dat hul sodoende ‘n bydrae lewer om iemand se lewe te red, motiveer elke skenker en boonop word hulle beloon met koekies en koeldrank na die tyd.

Om te kwalifiseer om ‘n aktiewe skenker te wees, moet ‘n persoon 16 jaar of ouer wees, meer as 50 kg weeg en ‘n gesonde leefstyl handhaaf. Enige persoon wat basies aan hierdie vereistes voldoen, en ‘n behoefte het om die gemeenskap te dien, kan by SANBS gaan aanklop om te registreer as ’n skenker.

HGH se hart sit op die regte plek – waar is joune?

Back to top button