NewsSchools

HGH die beste keuse

Gr.7-leerlinge van al die plaaslike laerskole het in hul massas opgedaag om die tweede vlak van Hoërskool Generaal Hertzog se ‘Boot Camp’ aan te durf.

Op Woensdag 28 Mei het HGH hul opedag aangebied in die vorm van dié ‘Boot Camp’. Vlak een van die gewilde hindernisbaan het gedurende die eerste kwartaal reeds plaasgevind.

Leerders is in spanne van twee elk opgedeel en vier spanne het gelyktydig deelgeneem. Leerders moes 10 verskillende punte deurmaak en het met ‘n prettige kruiwa-resies weggespring. Hulle moes hul brein- en fisiese kragte inspan om die verskeie hindernisse te oorkom. Spanne wat die baan die vinnigste voltooi het, is met pryse beloon.

Na afloop van die ‘Boot Camp’ is leerders en ouers na die skoolsaal vir ‘n akademiese, sport en kultuur-inligtingsessie. Kunste-direkteur, mnr. Bennie Botha, het as seremoniemeester opgetree vir die aand.

Provinsiale sportsterre is op die loopplank aan die gaste voorgestel waarna die skoolhoof, ouers en leerders toegespreek het. Ouers en leerders het ook die geleentheid gekry om akademiese,- sport- en kultuuruitstallings te besoek en HGH se puik personeelspan te ontmoet.

HGH se Allegro-sanggroep het tydens die opedag 'n pragtige vertoning gelewer.
HGH se Allegro-sanggroep het tydens die opedag ‘n pragtige vertoning gelewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button