Vanaf 2 tot 6 Julie het ‘n uitgesoekte groepie landsdieners van HGH die geleentheid gehad om kragte te meet en skouers te skuur met van die beste landsdieners in Mpumalanga.
Die streekskamp het plaasgevind by die Kruisrivier NG Kerk kampterrein tussen Loskopdam en Groblersdal.
Na vele uitputtende, dog pretgevulde aktiwiteite is daar ‘n groep kinders gekies om die provinsie se hoërskole te verteenwoordig by die Nasionale kamp in Desember vanjaar.
Die landsdiensbeweging is ‘n omgewingsgerigte jeugorganisasie wat die jeug tot verantwoordelike landsburgers lei deur by hulle ‘n liefde vir die Skepper, liefde vir die medemens, liefde vir die omgewing en liefde vir arbeid te kweek.
