NewsSchools

WH de Klerk sê totsiens vir mnr. Robbie

Aan die einde van 2014 bereik mnr. Samuel Francis Robinson een van vele mylpale in sy lewe.

Na 35 jaar in die onderwys en, 20 jaar as hoof van W.H. de Klerkskool verlaat mnr. Robbie die diens van die Mpumalanga Onderwys Departement op 31 Desember.
Die onderwys en spesiale onderwys verloor ’n kundige van onderwyssake asook ’n persoon wat spesiale onderwys in detail geken het. Mnr. Robbie se sukses kan toegeskryf word aan toewyding, doelgerigtheid, entoesiasme, harde werk en lojaliteit teenoor die skool. ’n Besondere karaktereienskap is sy liefde vir die skool en elke kind.

As visioenêre leier het mnr. Robbie W.H. de Klerk Skool gelei tot die spog spesiale skool wat dit vandag is. Nuwe vakrigtings is begin met groot sukses. Hy het die visie van die skool vergestalt in elke besluit wat hy geneem het. Kwaliteit onderwys, die ontwikkeling van die kind in totaliteit asook om ons kinders toe te rus vir die arbeidsmark was vir hom baie belangrik.
Vir sy besondere aanslag om probleme op te los, met deernis te luister en raad te gee het elke kind en personeellid groot waardering.
W.H. de Klerkskool sê totsiens aan mnr. Robinson.
Baie dankie vanaf elke onderwyser, elke kind en ouer, hede en verlede, vir u toewyding deur die jare. Dankie vir gee en om gee elke dag.
U het werklik die leuse van ons skool ‘Wat ek het, gee ek’ as persoon uitgeleef.

Onsharte is seer om totsiens te sê, maar terselfdertyd is ons bly oor die rustyd wat volg saam met Elizabeth wat u al die jare bygestaan het.
Mnr. Robinson aftree op die jong ouderdom van 62 jaar en wou die gemeenskap en ouers bedank vir al die ondersteuning vir W.H. de Klerk Skool.
“Ek wil graag sien dat die skool in sterkte groei en wil vir al die personeel dankie sê vir hul lojaliteit deur die jare,” sê mnr. Robinson.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button