NewsSchools

HTS breëbors oor matriekuitslae

Daar was verlede jaar 180 matrikulante wat die eksamen by die Hoër Tegniese Skool afgelê het en al 180 matrieks wat geskryf het, het geslaag.

Tydens die ontvangs van uitslae op 6 Januarie het emosies van blydskap en verligting hoogty gevier.

Christine Graham van Hoër Tegniese Skool het nege onderskeidings met ’n gemiddeld van 94% behaal.
Christine Graham van Hoër Tegniese Skool het nege onderskeidings met ’n gemiddeld van 94% behaal.

Christine Graham is die top-leerling van die skool met ’n gemiddeld van 94%. Sy spog met nege onderskeidings (Engels, Afrikaans, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, RTT, Addisionele Wiskunde en Lewenswetenskap).

André du Plessis spog met ’n gemiddeld van 92.1% en het agt onderskeidings gekry.
André du Plessis spog met ’n gemiddeld van 92.1% en het agt onderskeidings gekry.

André Du Plessis het agt onderskeidings (Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidsstudie, Fisiese Wetenskap en Addisionele Wiskunde) behaal met ’n gemiddeld van 92.1%.

Mia Spoelstra het sewe onderskeidings gekry met ’n gemiddeld van 90%.
Mia Spoelstra het sewe onderskeidings gekry met ’n gemiddeld van 90%.

Mia Spoelstra het ’n gemiddeld van 90% en sewe onderskeidings (Afrikaans, Engels, IGO, Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewensoriëntering en Lewenswetenskap).

Ander top-uitslae is soos volg:
Vier onderskeidings
*Joanél van Niekerk (Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering en Lewenswetenskap).
*Tristan van Niekerk (Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Fisiese Wetenskap).

Drie onderskeidings:
*Johan Botha (Wiskunde, Siviel en IGO).
*Quinton Botha (Engels, Lewensoriëntering en Siviel).
*Jo-Anne Els (Engels, Wiskunde en Lewensoriëntering).
*McCleod Weir (Lewensoriëntering, IGO en Meganies).
*Carli Wheeler (Afrikaans, Engels en Lewensoriëntering).

HTS is weer deel van Club50 (meer as 50 leerlinge wat meer as 50% in Wiskunde behaal het).

Die skool het met 99.4 persent geslaag. Die ander 0.6% is omdat een van die skool se leerlinge betrokke was in ’n ongeluk voor die eskamens begin het.

Video: Matriculants celebrate in various ways

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button