Local newsNewsUpdate

Kop-aan-kop botsing eis jong pa se lewe

Die laaste glimlag, die laaste soen, die laaste: “sien jou weer”...

Sy sal nooit vergeet die laaste keer toe hy haar en hul sesjarige seuntjie gegroet het nie.
Na ’n kop-aan-kop botsing met ’n swaarvoertuig op die ou-Middelburgpad Donderdagaand 16 April, is mnr. Abraham Hendrik Visser (25) op slag dood.
Nooddienste op die toneel het die rooi BMW waarmee hy verongeluk het langs die pad in ’n sloot aangetref.
Volgens ’n polisieverslag was die BMW, wat in die rigting na Middelburg oppad was, in die baan van die aankomende verkeer toe dit met die swaarvoertuig gebots het.

Die bestuurder van die swaarvoertuig, mnr. Mike Tehrai, is ernstig beseer en na Witbank Hospitaal geneem vir behandeling.
“Braam was net so ’n liefdevolle persoon,” het Dlouise de Waal vertel terwyl sy gesukkel het om die trane te keer wat in haar stem opgestoot het. Vir haar, vertel sy, is dit nog onwerklik dat haar verloofde nou net ‘weg’ is.
“Ons was vir sewe jaar saam, het saam gebly…” het sy probeer om die ‘leë’ gevoel in haar huis en hart te beskryf.
“Braam was lief om met hierdie ‘remote’ vliegtuie en radio-kontrole toestelle te werk. Hy was lief vir sy werk… en hy was baie lief vir my en sy seuntjie…” het sy emosioneel verder vertel.

Die BMW het in die sloot langs die ou-Middelburgpad beland waar mnr. Braam Visser op slag dood is.
Die BMW het in die sloot langs die ou-Middelburgpad beland waar mnr. Braam Visser op slag dood is.

Braam was oppad na ’n vriend in Middelburg met die aand van die ongeluk.
“Toe hy my gegroet het die aand het hy gesê: ‘sien jou weer’,” het Dlouise vertel, min wetende dat sy en hul sesjarige hom nie weer by die huis sou sien nie.

*Die roudiens vir Braam vind Donderdag 23 April, omstreeks 11:00, uit die NG Kerk Suid-gemeente (Trappieskerk) plaas.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button