
’n Huiswerker het Dinsdag 28 April aan polisie vertel hoe twee verdagtes haar en haar werkgewer onverwags betrap het in die huis.
Die huiswerker het vertel hoe sy die oggend geluide buite gehoor het en gesê hoe sy ’n figuur gewaar het toe sy by die venster uit loer.
Sy het dadelik die huisalarm geaktiveer toe iemand van buite deur die deur met ’n pik breek. Die verdagte met die pik het vinnig toegang gekry tot in die huis en die huiswerker beveel om op die grond te lê. Nog ’n verdagte het in die huis ingekom met ’n vuurwapen aan sy sy.
Die verdagtes het ook die eienaar van die huis gevind en toe beide vroue geneem na ’n badkamer in die huis waar hul beveel was om te wag terwyl die verdagtes vlugtig deur die huis beweeg het om elektroniese- en waardevolle items te steel.
Die verdagtes het gevlug met hul buit en die vroue ongedeerd gelaat. Die verdagtes is onbekend en die eienaares van die huis wou ook nie enigsins oor die voorval praat nie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.
