
Na anleiding van die artikel in WITBANK NUUS, Vrydag 4 September ‘Riool kan groot skade nalaat’ is addisionele inligting ontvang van die Emalahleni Munisipaliteit se woordvoerder, mnr. Lebohang Mofokeng.
Volgens Mofokeng is die munisipaliteit bewus van die riool-probleem wat in eMalahleni vloei. Hy sê dat die munisipaliteit se taakspan is bewus van die probleem in Blancheville, asook in Die Heuwel, Uitbreiding 1 en Riverview area’s.
Mofokeng beweer dat die hoofrede vir blokkasies in die bogenoemde area’s, is die uitloop rioollyn vanaf OR Tambostraat en die ou-Middelburgpad, na Riverview afvalwater suiweringswerke vloei, geblok is.
Volgens Mofokeng is die instandhoudingspan al ’n ruk besig om hierdie lyne te ontblok, maar kon tot dusver dit nog nie uitgesorteer kry nie.
Mofokeng het ook gesê dat die riool nie sedert 3 Julie in Blancheville aan die vloei is soos deur die vorige artikel gestel is nie. Mnr. Roy Cronjè, DA Raadslid van Wyk 20, sê egter dat hy foto’s het van wanneer die riool begin het.
Mofokeng het gesê dat daar gewone blokkasies aangemeld is in hierdie area’s en was na omgesien. Die probleem was volgens hom ook opgelos. Hy beweer dat die probleem met ’n rioolstange opgelos was, aangesien gewone blokkasies makliker oplosbaar is deur die instandhoudingspan. Hy sê ook dat die groot rioollyne deur meganiese masjiene ontblok moet word. Hulle noem dit ’n ‘sewer jet combo unit machine’. Mofokeng beweer ook dat vir hierdie trokke om te werk en om die mangate te ontblok, gaan dit konstruksie aan die paaie veroorsaak. Volgens Mofokeng loop van hierdie lyne ook in private eiendom en daarvoor is ’n permit nodig om in hierdie grond te kan grou.
Mofokeng het gesê dat die instandhoudingspan dit reggekry het om die mangate van die groot rioollyn wat geblok is, op te spoor en dit ook te ontblok. Dit het op 1 September begin. Gedurende hierdie proses van ontblokking, was opgetel dat die een rioollyn los is, maar hulle is wel besig om dit reg te maak. Hy beweer ook dat in sommige gevalle, die lyne met spruite kruis waar paaie wel nodig is, en dit is nie ’n maklike taak om hier te grou nie.
Hy verseker die gemeenskap dat die munisipaliteit so gou as moontlik die probleem sal uitsorteer.
