Entrepreneursdag baie pret by Kragbron
Op Vrydag, 2 Oktober het almal die dag baie moeite gedoen om hulle produk die beste te laat vertoon.

Laerskool Kragbron se entrepreneurs hulleself heerlik uitgeleef met pragtige stalletjies en opwindende produkte.
Op Vrydag, 2 Oktober het almal die dag baie moeite gedoen om hulle produk die beste te laat vertoon. Blessing Ntuli, in Graad 6, het vinger alleen ’n hele braaistalletjie bedryf soos ’n ware entrepreneur.

Maricha en Edward van Greunen van Laerskool Kragbron se entrepreneur dag op Vrydag, 2 Oktober.
Hy het sy eie wors gebraai, broodjies gesmeer en verkoop. ’n Ware sakeman in wording. Aan eetgoed was daar geen skaarste, van bunny-chows tot rib burgers.

Blessing Ntuli van Laerskool Kragbron het lekker gebraai by die entrepreneur dag.
Daar was ook pretstalletjies soos Cokevang, balgooi en vele meer. Dankie aan al die mammas wat vooraf gehelp het met die voorbereiding. Die skool sien klaar uit na die entrepreneursdag.
