
Die doel van die Pay per Kay wedloop was om geld in te samel vir Elkana skool.
Elkana is ‘n onderrigsentrum vir kinders met sub-normale kognitiewe funksionering.
Die wedloop van Saterdag 31 Oktober is aangebied op ‘n sirkel-roete wat 2,5km lank was.

Hettie en Gerhard Fourie wat van die Strand af gereis het vir die ‘Pay per Kay’ wedloop.
Enige persoon wat deelgeneem het aan die wedloop kon soveel keer as hy wou die sirkel voltooi.
Vir elke kilometer wat gestap was, is daar R3 betaal. Wanneer jy dan genoeg gehad het, het jy R3 betaal vir elke kilometer wat jy gestap of gehardloop het.

Neels Vermeulen, Abie Smit en Brandon Joubert nog sterk aan die gang.
Die dame wat die meeste kilometers gedoen het was Carol Nepgen met 52,5km en die man wat die meeste kilometers gedoen het was Ric Marini met 62,5km.
