Local newsMunicipalNews

Dreine blokkeer inwoners

Geblokte dreine veroorsaak ’n vuilspul in die MOTH Cottages aftree oord.

Geblokte dreine veroorsaak ’n vuilspul in die MOTH Cottages aftree oord.
Dit klink soos ’n klein fontein wat vloei, maar soos jy om die draai gestap kom verras ’n onaangename reuk jou en sien jy net riool vloei.

CV246ars
Riool loop uit geblokkerde dreine vanaf Saterdag, 20 Februarie by die MOTH Cottages aftree oord.

“Hierdie probleem het verlede week al ontstaan, ” het mnr. Clive Hatch vertel.

Die inwoners het dadelik werking gemaak van die probleem en hul loodgieters laat uitkom.

“Die loodgieters het toe amper 60 meter in die drein gegaan en kon nie die fout vind nie. Dit is toe aan ons bekend gemaak dat die probleem nie op ons eiendom lê nie, maar wel aan die ander kant van die perseel,” het Hatch ook bygevoeg.

Dit het by Saterdag, 20 Februarie begin ondraagbaar word en Hatch het die probleem aangemeld.

“Hier sit ons en wag steeds vir terugvoer,” het hy ook bygevoeg.

Die dreine wat geblok is het al so begin hand uitruk dat dit tot in die inwoners se huise in vloei.

CV246brs
Die probleem is al so erg dat die inwoners nie toegang het tot sekere fasiliteite nie weens die riool wat die loopvlak bedek met kondome en menslike afval.

“Daar het mense Saterdag uit die woonstel getrek weens die stank en riool wat net inloop,” het hy ook vertel terwyl hy die skade uitwys.
“Dit raak ons inwoners, ek meen hulle het nie eers toegang tot die waskamer op die oomblik nie want die loopvlak wemel van die riool. Daar is kondome en menslike afval wat die wêreld vol lê. Bejaardes moet nie in sulke omstandighede bly nie,” het die matrone van MOTH Cottages gesê.

Dit blyk dat die munisipaliteit werk gemaak na die WITBANK NUUS dit ook onder hul aandag gebring het op Dinsdag, 22 Februarie laat middag gaan regmaak het.
Die munisipale bestuurder, Theo van Vuuren het geen kommentaar gelewer oor die probleem nie.

“eMalahleni se probleem is dat die nodige mense nie hul prioriteite reg het nie,” het ’n inwoner van MOTH Cottages omgekrap ten slotte gesê.

LEES OOK:

Sewerage problems at two houses in Lynnville
Dangerous hole at residence

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button