MunicipalNews

Riool pompstasie sonder ’n pomp

Die industriele gebied en Witbank Abattoir riool hardloop deur alles behalwe die riool pompstasie.

Die industriele gebied en Witbank Abattoir riool hardloop deur alles behalwe die riool pompstasie.

“Dit het begin met dreine wat geblokkeer is en riool wat vrylik oor die paaie loop,” het mnr. Jurie Pieterse, bestuurder van die slagpale gesê.

CV244ars
Waar die industriele gebied se riool pompstasie behoort te wees, daar is nie ’n pompstasie in sig nie.

Na talle boodskappe om die probleem aan te meld het die Munisipaliteit uitgekom,

“hulle het hier opgedaag ’n sloot gegrawe en weer gery, ons het toe self pype gelê sodat ons nie deur riool werk toe hoef te ry nie,” het Pieterse veder vertel.

Volgens Pieters toe hy weer die probleem aangee het en die munisipaliteit self kontak toe sê die persoon op die foon dat hulle ongelukkig nie ’n voertuig beskikbaar het nie en dat die nodige masjien nie ’n lisensie het nie.
Na vedere ondersoek het Pieters ontdek dat die riool pompstasie waarop die hele industriele gebied hardloop nie meer bestaan nie asook Klarinet se residentiele riool pompstasie.

CV244brs
Klarinet se riool pompstasie is oorvloei en nie ’n pomp insig nie.

Na bewering is die riool pompstasie by die industriele gebied om en by twee tot drie jaar terug nuut oorgebou.

“Ons het daardie tyd na die munisipaliteit toe gegaan en die voorstel gemaak om die pomstasie self te bestuur en instant hou op hulle kostes maar is van die hand gewys. Nou is daar nie meer ’n pompstasie nie,” het Pieterse veder gepraat oor die probleem.

“Die slagpale gebruik min of meer 400 000 liter water ’n dag “en ons almal weet abattoir water is nie van die skoonste nie, so waar loop daardie water heen?” het Pieters bygevoeg.

Daar is ’n vermoede dat daardie riool deur ’n naby geleë spruit na Klarinet se kant toe loop, maar is nog nie bevestig nie.

Elkekeer as Pieterse die probleem aangee het op die munisipale bestuurder, Theo van Vuuren se sosialeblad het hulle gesê dat hulle terug sal kom na hom toe, maar kom nooit terug nie.

CV244crs
Dreine is geblokkeer en veroorsaak dat riool vry oor die pad na die Abattoir toe vloei.

“Die beste van alles is dat ons gebruik maak van dieselfde gesondheidsinspekteurs as die staat. Hulle is streng met hul prosedures maar soos hulle uit die slagpale ry word daar niks verkeerd raakgesien nie,” het hy moedeloos gesê.

WITBANK NUUS het van Vuuren ingelig oor die probleem waarop hy die koerant na die tegniese direkteur, Kgodiso Mashile verwys het.
Teen druktyd was Mashile steeds nie beskikbaar nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button