Baie gebede vir Morné
’n Massa gebedaand is gehou vir Morné Swanepoel die 17-jarige wat nog steeds in Eugene Marais Hospitaal lê met ’n infeksie in sy bekkenbeen.

’n Massa gebedaand is gehou vir Morné Swanepoel die 17-jarige wat nog steeds in Eugene Marais Hospitaal lê met ’n infeksie in sy bekkenbeen.
Morné is vroeër die week weer teater toe, waar doktors na die infeksie gekyk het.
Die doktors het weer die wond skoongemaak en die wond oop gelos.

Die drie huilende meisies, Nadin van der Walt, Anri Jansen en Anika Kruger het Woensdag 2 Maart vir Morné Swanepoel gebid.
Op Woensdag 2 Maart het medeleerders van die Hoër Tegniese Skool sowel as ander skole, familie en vriende vir hom gebid tydens ’n gebedaand. Omdat groen sy gunsteling kleur is, het almal dit gedra.
Daar was baie emosies toe almal vir Morné gebed, almal is bekommerd oor hom. Later die aand is ballonne vir hom losgelaat.
“Dankie vir almal se gebede en omgee. Ons waardeer dit so baie,” het mev. René Swanepoel, Morné se ma gesê.

Matriekleerders van al die hoërskole het bymekaar gekom om vir Morné Swanepoel te bid.
Morné en sy vriend, Stephan Marais was Sondag 10 Januarie in die hospitaal opgeneem na die binneband, waarop hulle agter ’n boot gesleep is, ’n klip getref en die twee seuns afgeslinger is. Die vriende het die dag op Witbank Dam deurgebring.
“Ek wil graag vir Spur Benfleur dankie se vir die ballonne, Donovan van Air Products vir die helium en ds. Renier Kleinsmith vir die woord,” het mev. Jo-Anne Enid Lambert gesê, sy het die aand gereël.
LEES OOK:
Morne en Stephan tuis na bootongeluk
Gebede vir Morne
