Local newsMunicipalNews

Vrae na vloede

Byna drie weke is verby is na die groot vloede eMalahleni getref het is daar baie vrae na die gebeure.

Byna drie weke is verby is na die groot vloede eMalahleni getref het is daar baie vrae na die gebeure.

WITBANK NUUS het 18 Maart berig oor die groot vloede wat gemaak het dat ’n brug in Secondlaan, Blanceville ineengestort het asook skade wat inwoners opgedoen het.

Verder het talle inwoners hul opinies gelig oor die rede vir die gebeure. Dit het neergekom dat die instandhouding van die munisipaliteit swak is. Die inwoners wil ook weet wanner en deur wie die skade herstel gaan word.

“As die munisipaliteit maar net op ons probleme reageer het wat ons vir die soveelste keer aangemeld het, sou die afvoer[pype nie verstop gewees het nie en die water sou deur die pype gevloei het en nie oor die strate nie en in huise nie,” het ’n inwoner van die Blanceville-area gesê.

Die inwoners, asook die DA-raadslede van die wyk het ’n vergadering gereël op 30 Maart om al die probleme aan te meld en hul sê te sê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button