HGH rugby vaar skitterend
Hoërskool Generaal Hertzog het ‘n skitterende rugbyseisoen agter die blad.

Hoërskool Generaal Hertzog het ‘n skitterende rugbyseisoen agter die blad.
Die seisoen het op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n leersame rugbytoer waar die seuns uitstekend gevaar het.
HGH se o.15 spanne, oftewel die ‘Wilde Honde’, wen die Impakweek te Vredefort gedurende die Maart vakansie.
HGH se o.16 span, asook die eerstespan wen beide hulle onderskeie toernooie tydens ‘n toer na Grootvlei Sport Akademie. Twintig van Hoërskool Generaal Hertzog se rugbyspelers en een afrigter word tydens dié toer gekies om later vanjaar na Ierland te toer.
Op 14 Mei het die ‘Manjifieke Maroen’ en die ‘Briljante Blou’ vir die eerste keer in nege jaar kragte gemeet op die rugbyveld. Dit is die eerste keer sedert 2007 wat Hoërskool Generaal Hertzog en die Hoër Tegniese Skool Witbank albei in die grootskoleliga speel.

Brandon McKay en Donovan Bouillon kry een van Secunda High School se spelers beet.

Dewald Basson baklei vir die laaste meters voor die doellyn. Saam hom is sy spanmaats Damian Clancy en Blessing Motsepe.
Uit die ses rugbywedstryde wat dié dag gespeel is, het HGH drie wedstryde oortuigend gewen. HGH se indrukwekkende o.15A span wen HTS 41-5. Die o.15B span wen HTS 36-5 en die o.16A span wen met ‘n telling van 36-7.
Hoërskool Generaal Hertzog se rugbymanne het hard gewerk die afgelope seisoen en kan trots wees op hulle uitslae.
Die o.16A span eindig tweede in Laeveldbeen en dring deur na die Mpumalanga-kwarteindstryd op 4 Junie, waar hulle te staan gaan kom teen Hoërskool Hoogenhout.
Die o.15A span eindig eerste in die Laeveldbeen en dring deur na die Mpumalanga-kwarteindstryd op 4 Junie waar hulle gaan kragte meet teen Hoërskool Standerton.
Die o.15B span eindig tweede in hulle been en speel Saterdag, 4 Junie, teen Ligbron Akademie in die halfeindstryd.
Alle wedstryde vind by Hoërskool Standerton plaas. Wedstryde begin reeds om 08:30.
Vier van HGH se o.16 seuns en vier o.19 seuns is in die voorlopige Puma-groep opgeneem. Baie geluk manne.
























































