Local newsMunicipalNews

Nog geen terugvoer oor verkeerseiland nie

Breek dit af, verander die vierrigting in ’n sirkel, sit versperrings op soos die in Johannesburg, verlig dit met straatligte.

Breek dit af, verander die vierrigting in ’n sirkel, sit versperrings op soos die in Johannesburg, verlig dit met straatligte.

Dit is die oplossings waarmee lesers vorendag kom om die verkeerseiland probleem op die hoek van OR Tambostraat en Gordonweg op te los.

Me. Annemarie van Dyk het die verkeerseiland uitgelig na die dood van haar 33-jarige seun, Shaun.
Me. Van Dyk het ’n platform op sosiale media geskep waarop lesers raad kan gee hoe om hierdie gevaarlike hindernis veiliger vir motoriste te maak.

“Gee vir my ’n laaigraaf en ons verwyder die hele struktuur in minder as twee ure,” het mnr. Phil Crause aangebied.

Ahlers Edmond het voorgestel dat rooi flikkerende ligte, wat op myne en hoofpaaie gebruik word, om en op die verkeerseiland gesit word om motoriste te waarsku.

ze279rs
Die verkeerseiland op die hoek van OR Tambostraat en Gordonweg is onder bespreking.

Morné Els se antwoord is meer verkeersbeamptes wat seker maak dat motoriste verkeersreëls gehoorsaam.
Lesers het positief gereageer met al hul voorstelle. Dis egter kommerwekkend dat die stadsraad nog geen terugvoer gegee het nadat daar reeds verlede week ’n e-pos aan hulle gestuur is vir kommentaar nie.

In me. Van Dyk se lewe is daar ’n leë holte wat nou met hartseer gevul is. Sy soek nog steeds antwoorde op wat Vrydag 3 Junie met Shaun gebeur het.

Hy is die volgende oggend dood in sy kar aangetref by die Sasol garage op die hoek van die besige interseksie. Hy het na bewering oor die verkeerseiland gery waar sy kar se wiel skade opgedoen het, by die garage gestop, uitgeklim en ’n pastei en koeldrank gekoop en is later dood in sy kar gevind.

Die Van Dyk familie glo dat ’n harde hou teen sy kop tydens die ongeluk aanleiding tot sy dood kon gegee het.

LEES OOK:
Gevaarlike eilande nie gemerk
Planne met OR Tambo in die pyplyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button