Local newsMunicipalNews

Olifantsrivier in ’n gehawende toestand

Nie net moet die mens hierdie water inneem nie, maar die Olifantsrivier loop tot in die Kruger Wildtuin waar diere die water moet drink.

WITBANK NUUS berig al ’n geruime tyd lank oor die erge besoedeling van die Olifantsrivier.
Hiérdie besoedelingsprobleem het nou ook onder die ondersoekspan van Carte Blanche se aandag gekom nadat ’n in diepte program Sondag, 21 Augustus gebeeldsend is.

Mc664-1rs
’n Lugfoto van die Olifantsrivier soos dit tans lyk. (Foto: Piet Wassenaar).

Op die program het verskeie rolspelers gedebatteer oor die toestand van hierdie rivier en die toestand van die water. Omgewingsbesoedeling speel ’n kommerwekkende rol in hierdie rivier en dit is ’n reuse probleem, regdeur Suid-Afrika.

Derek Watts, aanbieder en anker op Carte Blanche, het op Twitter gesê dat ons uit skoon water en tyd hardloop en dat die Olifantsrivier nood belangrik is vir minstens twee miljoen verbruikers, maar die toestand is walglik.

tweet

Nie net moet die mens hierdie water inneem nie, maar die Olifantsrivier loop tot in die Kruger Wildtuin waar diere die water moet drink.

Volgens Watts strek die Olifantsrivier oor 540 kilometer en suurwater asook mynafval en riool is net sommige aspekte van besoedeling wat in die rivier gevind word. Die blou/groen alge in die water verminder suurstof wat vis vrektes en die dood van ander lewende organismes tot gevolg het. Volgens Carte Blanche se ondersoek, het hierdie alge opgeduik in die water, en die ph het op 4.5 gemeet.

Die laag alge wat bo op die water dryf het die meeste kommer gelok en met verdere ondersoek is gevind dat duisende gebruikte babadoeke slegs tot ’n fraksie van die besoedeling bydra.
Foto’s uit ’n helikopter, wat vroeër die maand deur ’n plaaslike inwoner geneem is, wys die duidelike effek van suiwer riool in die water.

Mnr. Lebohang Mofokeng, mediawoordvoerder van die Emalahleni Munisipaliteit het gesê dat die Steenkoolstad se deel van die Olifantsrivier geen gevare inhou nie. Algebloei is gevaarlik vir enige lewende organisme, waar rooigety, die giftige alge is.

Mc664-2rs
Die drywende effek van besoedeling is duidelik te bespeur in die Olifantsrivier. Die foto is op 9 Augustus geneem (Foto: Piet Wassenaar).

Op die R555 (ou- Middelburgpad), by die Olifantsrivierbrug is ’n rooi laag al vir langer as ’n maand sigbaar, dit het al byna deel van die rivier geword.

Mofokeng, het op Dinsdag, 23 Augustus gesê dat toetse gedoen was om die kwaliteit van die water in die Olifantsrivier te bepaal. Ook het hy bygevoeg dat die water wat onderdeur die Duvha-brug vloei, geen kontaminasie getoon het nie, alhoewel daar ’n blou-groen alge sigbaar is op die oewer. Die deel van die Olifantsrivier wat onder die R555 vloei, het wel baie hoë tekens van alge getoon (algal bloom en Euglema) asook diatome. Hierdie faktore domineer in ons binnelandse water. Hy het verder verduidelik dat daar newe-effekte van algegroei in die water is, soos formasie van smaak en reuk, asook die formasie van Trihalomethanen (THMs). Ook het hy bygelas dat die behandeling van alge in die water van so aard is, om die risiko van giftige aktiwiteite te beperk, asook die produsering van THMs.

Mc664-3rs
Die loop van riool in die Olifantsrivier in is duidelik sigbaar uit dié lugfoto. (Foto: Piet Wassenaar).

Mofokeng was ook van die opinie dat geen menslike siektes tot dusver geassosieer kan word met die alge neurotoksiene nie. Sy woorde was ook dat die suurstofvlak in hoër aanvraag is by beide Duvha-en Middelburgbruê as gevolg van die organiese materiaal in die water. Daar was ook ’n effense hoë ammoniakvlak in die rivier by die R555.

Enige omgewingsbesoedeling wat vermoedelik die water se toestand verswak, kan aangemeld word by 0800 205 500 of ’n epos kan gestuur word na environment@tip-offs.com.

Indien daar vermoed word dat besoedeling plaasvind en gesondheidsprobleme tot gevolg kan hê, kan dit gerapporteer word aan die Gesondheidsdepartement in Mpumalanga by 0800 204 098.

LEES OOK:
Residents livid because of dirty water
Residents living in flooded sewerage waters

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button