Local newsMunicipalNews

Die Olifantsrivier lyk steeds soos ’n grondpad

“Ek het die mense verlede Vrydag gekontak en hulle het gesê dat die uitslae langer vat as beplan.."

Na talle berigte en navrae oor die toestand van die Olifantsrivier word daar nou gewag op antwoorde van ’n in-dipete ondersoek deur Emalahleni Munisiplaiteit.

Mnr. Lebohang Mofokeng, woordvoerder van Emalahleni Munisipaliteit het Dinsdag, 6 September gesê dat daar ’n studie gedoen word oor die toestand en ook die oorsprong van hierdie probleem.

“Ek het die mense verlede Vrydag gekontak en hulle het gesê dat die uitslae langer vat as beplan, aangesien hul ’n in-diepte ondersoek doen. Hopelik gaan ons weet wat die probleme is, sodra hierdie verslag bekend gemaak word,” het hy gesê.

Hy het ook gesê dat hy hierdie verslag as baie dringend ag, aangesien die vuil water in ons stad groot opslae veroorsaak.

Mc682rs
Die Olifantsrivier lyk steeds soos ’n grondpad.

’n Ander bron het verlede week bevestig dat die water wat tans in die rivier vloei, nie in ’n goeie toestand is nie. Hy het gesê dat die alge groei in die water nie noodwendig van die myne afkomstig is nie, aangesien hul waterbehandeling doen voor die water in die riviere vloei.

“Hierdie algelewe kry ’n hupstoot en verminder die suurstof in die water vir ander lewende organismes. Dit is slegs as gevolg van riool wat hierdie water hiasinte groei en ’n oormaat alge is lewensgevaarlik en toksies. Dit is ook ’n feit dat rioolaanlegte nie op standaard is nie, wat veroorsaak dat suiwer riool in die riviere loop,” het hierdie bron ook bygevoeg.

LEES OOK:
Olifantsrivier in ’n gehawende toestand
Riool vloei en water word vuiler

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button