LifestyleNewsSchools

R10 000 aan HGH terug gegee

“Ons is baie dankbaar vir elke nuwe lid wat ons ondersteun. Saam kan ons poog om armoede in ons land te verlig,voorkom en verbreek,”

Solidariteit Helpende Hand Witbank gee graag terug aan ons skole om hulle te bemagtig vir enige doeleindes waarvoor hulle die kontant wil gebruik.

Vir elke nie-winsgewende besighede soos skole, kerkgenootskappe ensovoorts, wat elk 20 maandelikse ondersteuners werf teen R50 per maand, skenk Solidariteit Helpende Hand ’n bedrag van R10 000 vir dié groep se eie fonds.

“Hoërskool Generaal Hertzog is ons eerste skool in Witbank wat dit reg gekry het binne drie maande en reeds ook die 20 kerf oorskry het met nog ses lede ekstra. Hul eerste tjek is dus nou oorhandig, en hulle kort nog net 14 ondersteuners vir hulle volgende R10 000 skenking,” se Annemarie Van Heerden, voorsitter van Helpende Hand.

Solidariteit Helpende Hand se Witbanktak se fokus was op die afleggingskrisis van Highveld Steel en die geaffekteerde gesinne hierdie jaar, en ons kon vir 10 maande maandelikse kospakkies voorsien aan meer as 240 gesinne per maand.

at308rs
Solidariteit Helpende Hand Witbank het ’n tjek van R10 000 aan Hoërskool Generaal Hertzog oorhandig op 22 September hier is (van links) Silvia Glintzer, Rita Bezuidenhout, Mara Cronje , Alisha de Lange (Mpumalanga Bestuurder), Annemarie van Heerden (Witbank Tak Voorsitter), Mnr Potgieter (Hoof van Generaal Hertzog), en Marlise Labuschagne (Witbank Skole Projekleier).

Hulle fokus is nou gerig op White Rose Hospice en gaan die res van die jaar wy aan hulpverlening aan hierdie instansie wat na ons ouermense kyk, die siekes versorg en begelei maar tans ook ‘n finansiële krisis beleef vir volhoubaarheid.

“Ons is baie dankbaar vir elke nuwe lid wat ons ondersteun. Saam kan ons poog om armoede in ons land te verlig,voorkom en verbreek,” het Annemarie ten slotte gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button