AfriForum buurtwag ondergaan veiligheidsopleiding
Volgens mnr. Michael Visagie, voorsitter van Afriforum buurtwag in eMalahleni, is opleiding uiters belangrik om veiligheid te verseker in die gemeenskap.

Die lede van Afriforum buurtwag in eMalahleni het veiligheidsopleiding ondergaan.
Dit is aangebied op Dinsdag 4 Oktober by Laerskool Klipfontein. Dit vorm deel van ‘n reeks sessies waarin lede toegerus, in samewerking met onder meer die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), om die gemeenskap te help in tye van nood. Volgens mnr. Michael Visagie, voorsitter van Afriforum buurtwag in eMalahleni, is opleiding uiters belangrik om veiligheid te verseker in die gemeenskap.

Lede van die Afriforum buurtwag ontvang veiligheidsopleiding en hier is lede wat die dag bygewoon het (van links, agter): Francoise Katzke, Zack Magudulela, Mike Harding, Michael Visagie, Willie du Plessis, Jason Fourie, Deon Van Bosch, Christiaan Rautenbach; (voor): Maureen Harding, Rosemarie Rautenbach, Jan Piet, Elzabe Pitzer (Buurtwag Sekretaresse) en Lizzy Visagie (jeug ondervoorsitter). Die vergadering het op Donderdag, 4 Oktober by Laerskool Klipfontein plaasgevind.
Visagie nooi ook ander sekuriteitstrukture in die stad om kragte saam te meet in die stryd teen misdaad.
Die president van die Afriforum-tak in eMalahleni het ‘n noodnommer wat mense kan kontak: 082 795 5664 in tye van nood.
Om betrokke te raak in jou plaaslike Afriforum-tak SMS “Buurtwag” na 45350. Sms’e kos R1.
LEES OOK:
Afriforum invests in a greener tomorrow
Afriforum maak skoon
