
Twee maande het verloop na die moord op mee. Ester (62) en Caren (35) Burger.
Die vrou wat in hegtenis is vir die moord op die twee vroue, me. Yvette Burger (37) het verlede week weer vlugtig in Witbank Landdroshof verskyn. Die saak is weer uitgestel vir verdere ondersoek en sy moet weer op 15 November verskyn.
Yvette is steeds in aanhouding, nadat borg in September geweier is.
Skokgolwe het deur die gemeenskap geruk toe Yvette twee weke na die moorde op 20 Augustus in ’n eksklusiewe onderhoud met WITBANK NUUS vertel het hoe sy haar ma en suster doodgeskiet het.
LEES OOK:
Yvette kry nie borg nie
EKSKLUSIEF: ‘My ma het gevra ek moet hulle skiet as hulle slaap’
