Daniël veg nog steeds vir sy lewe
Die slagoffer van ’n tref-en-trap ongeluk wat vroeër in Oktober plaas gevind het, veg steeds vir sy lewe in die hospitaal.


Mnr. Daniël Wells is steeds in Steve Biko Hospitaal waar hy vir sy lewe veg.
Die slagoffer van ’n tref-en-trap ongeluk wat vroeër in Oktober plaas gevind het, veg steeds vir sy lewe in die hospitaal.
Daniël Wells is steeds in die intensiewe-sorgeenheid van Steve Biko Hospitaal in Pretoria waar hy vir sy lewe veg.
“Hy is nog steeds aan ’n ventilator gekoppel en het ’n oop buik. Hulle wag om sy buik toe te maak en dat sy longe normaal funksioneer voor hulle sy tone kan amputeer en die chirurgiese prosedure op sy arm doen,” het me. Eva-Mari Wells, Daniël se suster, gesê.
Die ongeluk het Saterdag 1 Oktober op die Bethal-pad gebeur.
Die Wells-familie soek steeds antwoorde oor wat presies daardie dag gebeur het. Hulle vra dat enigiemand wat die ongeluk sien gebeur het, die inligting aan die polisie sal deurgee.
LEES OOK:
Wells-familie soek antwoorde na tref-en-trap
Gru-ongeluk eis lewe: 24-jarige ma van twee sterf tragies
