
Hoërskool Generaal Hertzog se leerders het vir oulaas bietjie ontspan voor die jaar se finale eksamens begin.
Op Vrydag, 21 Oktober het leerders in spanne aan ‘n pretbelaaide Warrior-resies deelgeneem waartydens hulle fisiese en breinkrag getoets is.

Elzane Kleynhans gly by een van die waterglybane af.
Groot waterglybane, ‘n unieke kruiwaresies en ‘n skuimbad het gesorg vir groot pret. Die resies het ook leerders die geleentheid gegee om die skool se kleinsportsoorte bietjie te verken, met unieke uitdagings in gholf, muurbal en boogskiet. Breinspeletjies het spanne se kennis oor die manjifieke maroen se waardes en range getoets.
HGH se onnies het soos oudergewoonte nie op hulle laat wag nie en ook ingespring en deelgeneem. Spanne is ook beloon vir goeie spangees en die beste spandrag.

Shaun Kriel en Dawie Lange kruip onder deur die ‘Web’.
‘n Groep graad 11 seuns ook bekend as die ‘Butch Babes’ het met die eerste prys weggestap. HGH se leerders het bewys hulle is ware ‘warriors’ en is slaggereed vir die finale eksamen. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Baie sterkte met die eksamen.
