NewsSchools

WH De Klerkskool spog openlik

Sang, musiek en dans bring ‘Klerkie-vennote’ bymekaar.

Sang, musiek en dans bring ‘Klerkie-vennote’ bymekaar. Woensdag, 19 Oktober sal deur voornemende leerders van WH de Klerkskool, onderwysers en ouers as ’n opedag vol passie en kleur onthou word. Die geleentheid is voorafgegaan deur agtergrond musiek wat deur die Klerkie- marimba orkes verskaf is.

Mc737-10001rs
Die departement het die verhoog ingekleur met groen, rooi en geel vlaggies tydens WH De Klerkskool se opedag op Woensdag, 19 Oktober.

Al die leerders van die oriënteringsdepartement het bygedra om deur middel van ’n waarde- revue hierdie geleentheid uniek en besonders te maak. Luisterryk het die skool se vyf waardes deur die volgende inleidende gedagtes uitgebeeld: ‘I can count on you’, ‘ek gee om vir jou’, ‘ek wens vir jou dat die son op jou rug sal skyn’, ‘ek wens dat al jou probleme sal verdwyn’, ‘regverdigheid is billikheid,’ en nog vele meer het die sang, dans en musiekblyspel voorafgegaan. Die revue is afgesluit met die sing van die waardelied terwyl rooi, groen, oranje, blou en bruin vlaggies gewapper het, ’n kaleidoskoop van die waardekleure van die skool.

Die kernboodskap vir 2017 is ook treffend deur die waardekleur oranje uitgebeeld. Nuwe leerders is aangemoedig om reeds aan die begin van 2017 as staatmakers uit te blink. Eerlike gedrag wat gekenmerk word deur die maak van regte keuses is as die wengeheim vir ’n waardegedrewe ‘Klerkie’, voorgehou. Elke voornemende ‘Klerkie-leerder’ het ook ’n sakboek as geskenk ontvang om vertroud te raak met die waardes eie aan WH de Klerkskool.

Mc737-20001rs
Die kunsuitstalling tydens WH De Klerkskool se opedag op Woensdag, 19 Oktober. Hier is graad 6- leerder, Leonardo Bosman en graad 7- leerder Celine Krynauw se kunswerke.

Voornemende ‘Klerkies’ en ouers is bemagtig deur die vaardigheidsopleiding in die seuns- en meisiesentrums. Hierdie opleiding bied ’n stewige grondslag vir suksesvolle beroepsgeleenthede en ’n toekoms vir enige ‘Klerkie-leerder’ wat optimaal van die geleentheid gebruik maak. Die kunsuitstalling van ‘Klerkie-leerders’ wat in September vanjaar aan die Festo Kunstefees deelgeneem het, het hierdie geleentheid afgerond.

WH de Klerkskool wil ook ’n woord van dank rig aan hul voedingskole in die gemeenskap vir hul getroue ondersteuning en bydraes tot die karakterbou van voornemende ‘Klerkie-leerders’. Dankie dat jul ons hande sterk maak en dat ons op julle kan staatmaak. Dankie dat julle moedig is, saam met ons en die waarde van betroubaarheid uitleef. Moedig, met betroubaarheid as ons vertrekpunt, gaan ons saam 2017 tegemoet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button