CrimeNews

Polisie is tans op soek na ’n verdagte met springkastele

Hy is weg met meer as R70 000 se items, wat drie springkastele, ’n tent en stoele insluit.

Vroeër vanjaar het me. Emmie Brits groot skade gely toe ’n man springkastele by haar kom ‘huur’ het. Hy het die nodige dokumentasie ingedien, maar min het sy geweet dat alles vervals is.

Mc779-10001rs
Die besonderhede wat die verdagte vir me. Emmie Brits vroeër vanjaar gegee het. Hy het springkastele by haar gehuur en net verdwyn.

Hy is weg met meer as R70 000 se items, wat drie springkastele, ’n tent en stoele insluit.

“Hy het selfs die bewys van betaling vir my gebring, maar min het ek geweet dat dit, saam die res van die dokumentasie, vervals is. Aangesien hy by ’n ander bank as ek bank, het ek geweet die geld sou eers ’n rukkie vat om in my rekening te wys, en omdat ek die bewys van betaling gehad het, het ek aangeneem die geld is inbetaal. Teen die Sondag was daar steeds niks en ek het onraad begin vermoed. Ek het hom gebel en het my belowe hy bring my goed Sondag terug, aangesien dit moes gewas word voor dit weer verhuur word. Sondag was sy verskoning dat sy drywer dronk was, en Maandag het hy gesê dat die drywer in Johannesburg is,” het Emmie vroeër vanjaar vertel.

Mc779-20001rs
Die verdagte het ’n identiteitsdokument met dieselfde foto, maar ’n ander naam. Hier is die foto onder die naam Usinga Sandros.

Nietemin, het Emmie tot vandag nie haar kastele weer gesien nie en die verdagte is steeds op vrye voet.

Die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Mmushi Rampedi vra dat enigiemand met inligting oor dié verdagte se beweging hom sal skakel: 013 655 5214.

LEES OOK:
Springkastele deur ‘kliënt’ weggedra
Diefstal-verdagtes in die hof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button