’n Wrak vir Kersfees
“Ek het ’n hol kol op my maag gehad, die hele aand. Kyk waar staan ek nou,”

“Ek het ’n hol kol op my maag gehad, die hele aand. Kyk waar staan ek nou,” was die woorde van ’n mismoedige mnr. Sampie Jooste.
Hy was in die vroeë oggendure van Saterdag, 17 Desember in ’n ongeluk betrokke op die R555.
Hy het vertel hoe hy sy seun se vriend gaan oplaai het die oggend en was omstreeks 02:30 op die R555 in die ongeluk betrokke.

Mnr. Sampie Jooste se Ford Focus wat betrokke was in die ongeluk in die vroeë oggendure van Saterdag, 17 Desember, op die R555.
“Dit was net ek en hy in die voertuig en ek het om die draai gekom, net na die stopstraat na Blanceville, op pad na ons plot. Net voor die Jackaroo-stopstraat het hierdie maroen Gholf my aan die kant geslaan. Net na die impak het die Mercedes ook teen my vasgery, ook onderweg na eMalahleni, vanaf Middelburg se kant en dit is hoekom my kar so lyk,” het Jooste na sy Ford Focus wrak, gewys.
Volgens polisie en paramedici op die toneel, het die bestuurder van die Mercedes van die toneel weggehardloop, maar daar is later gevind dat hy deur vriende na Emalahleni Privaat Hospitaal se ongevalle geneem is.

Die Gholf was een van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was in die vroeë oggendure van Saterdag, 17 Desember op die R555.
Paramedici van Langamed Emergency Management het bevestig dat die insittende van die Gholf pyn in sy nek en rug gehad het en dat hy beserings aan sy gesig opgedoen het. Hy is na die naaste hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Daar was teen druktyd geen verdere inligting beskikbaar oor die beserings van die bestuurder van Mercedes nie.
Jooste en die passasier het geen ernstige beserings opgedoen tydens die ongeluk nie.
LEES OOK:
Ma en seuntjie dood in ongeluk
Ma verloor twee seuns in ongeluk
