CrimeNews

Geen kersgeskenke vir dwelmhandelaars

Soos die feestyd spoed vang word dwelmhandelaars en gebruikers spoedig een vir een gevang.

Soos die feestyd spoed vang word dwelmhandelaars en gebruikers spoedig een vir een gevang.

Die afgelope week het nog vier mense kerstyd ingeruil vir tronktyd soos die SAPD dwelms van eMalahleni se strate afhou. Op 12 Desember het die polisie tydens ’n padblokkade voertuie by die rye afgetrek en deursoek.

Gedurende die operasie het ’n beampte ’n Nissan op die N4 snelweg afgetrek en met die drywer se goedkeuring die voertuig deursoek. In die kattebak van die voertuig het die polisie beslag gelê op 36 pakkies dwelms toegerol in plastiek. Die verdagte kon nie op toneel ’n rede gee vir die dwelms nie en is daar en dan in hegtenis geneem.
Terwyl die operasie aan die gang was het ander polisiebeamptes die res van eMalahleni patrolleer.

In ’n ander geval op die hoek van Roger- en Diedericksstraat in die SBG (Sentrale Besigheids Gebied) was die polisie besig met voetpatrollie toe ’n konstabel twee verdagte mans sien pakkies uitruil. Toe die polisieman die twee verdagtes genader het, het een van hulle in die pad geval en weggehardloop wyl die ander verdagte in die kloue van die polisieman gegryp is. By die onbekende verdagte is daar twee koperpypies met dagga vasgemaak aan mekaar gevind en hy is dadelik in hegtenis geneem.

Enkele meters van bogenoemde area is nog ’n man deur die manne geklee in blou gearresteer toe hulle deur ’n sekuriteitswag in kennis gestel is van ’n snaakse, soet reuk by die Saveways winkelsentrum. Op die toneel het die polisie op ’n man afgekom wat rustig gesit en dagga rook het. Die verdagte is op aanklag van die gebruik van dwelms in hegtenis geneem.

Soos dié suksesvolle blou Maandag, 12 Desember tot ’n einde gekom het, trap nog ’n dwelmhandelaar in ’n polisiestrik. Die polisie op diens is deur ’n inwoner van Klarinet in kennis gestel dat ’n man naby geleë dagga uit sy woning verkoop. Met aankoms het ’n beampte homself voorgestel as ’n kliënt en die verdagte hom gewillig gehelp. Die polisie het hulself aan die verdagte voorgestel en gevra waar hy sy dwelms bêre.

Met die uitwys het hulle beslag gelê op ’n paar sakke dagga en die verdagte in hegtenis geneem.

LEES OOK:
Woman arrested after being found with dagga
Old Coronation high on dagga

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button