NewsSchools

Manjifieke maroen is derde in Mpumalanga!

HGH is een van slegs 22 skole in die Mpumalanga-provinsie en die enigste departementele hoërskool in eMalahleni wat 'n 100% slaagsyfer behaal het!

Hoërskool Generaal Hertzog is ongelooflik dankbaar vir uitstekende matriekuitslae en skitterende prestasies vir 2016.

HGH is een van slegs 22 skole in die Mpumalanga-provinsie en die enigste departementele hoërskool in eMalahleni wat ‘n 100% slaagsyfer behaal het! Uitslae is as volg:

53.3% van die matriek kandidate slaag met Baccalaureus-graad vrystelling,
42% van die kandidate slaag met diploma graad vrystelling en 4.7% van die kandidate kwalifiseer vir ‘n hoër sertifikaat studie.

HGH se matriekgroep van 169 leerders het altesaam 1147 onderskeidings behaal.

Twee leerders behaal elk sewe onderskeidings, twee leerders behaal elk ses onderskeidings, een leerder behaal vyf onderskeidings, twee leerders behaal elk vier onderskeidings, 12 leerders behaal elk drie onderskeidings, 10 leerders behaal elk twee onderskeidings en 22 leerders behaal elk een onderskeiding.

HGH se top vyf presteerders is as volg:

CV505ars
1. Kara du Plessis behaal sewe onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 87%.
Kara du Plessis behaal sewe onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 87% (Afrikaans huistaal 82%, English first additional language 91%, wiskunde 83%, fisiese wetenskap 85%, lewenswetenskap 89%, rekeningkunde 88% en lewensoriëntering 91%).

CV505brs1
2. Asha Raju behaal sewe onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 86.7%.
Asha Raju behaal sewe onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 86.7% (Afrikaans eerste addisionele taal 89%, English Home Language 82%, wiskunde 81%, fisiese wetenskap 88%, lewenswetenskap 89%, rekeningkunde 88% en lewensoriëntering 90%).

CV505crs
3. Annegret van der Walt behaal ses onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 85%.
Annegret van der Walt behaal ses onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 85% (Afrikaans huistaal 82%, English first additional language 81%, fisiese wetenskap 88%, lewenswetenskap 85%, rekeningkunde 92% en lewensoriëntering 91%).

CV505drs
4. Robert Koen behaal ses onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 83%.
Robert Koen behaal ses onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 83% (English first additional language 80%, wiskunde 84%, fisiese wetenskap 82%, lewenswetenskap 80%, rekeningkunde 92% en lewensoriëntering 91%).

CV505ers
5. Gerhard Botha behaal vyf onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 84.3 %.
Gerhard Botha behaal vyf onderskeidings en spog met ‘n gemiddeld van 84.3 % (English first additional language 87%, fisiese wetenskap 85%, lewens wetenskap 85%, geografie 90% en lewensoriëntering 88%).

Die volgende leerders behaal elk vier onderskeidings:

Kholeka Khumalo (Afrikaanse eerste addisionele taal 80 %, rekeningkunde 91%, lewensoriëntering 85% en besigheidstudies 87%),
Sue- Lize Steyn (English first additional language 82%, lewensoriëntering 86%, besigheidstudies 90% en rekenaartoepassingstegnologie 88%.

Die volgende leerders behaal elk drie onderskeidings:

Zoleka Nkuku, Naasiha Noormahomed, Shané Verwey, Michéle Schoeman, Ruan Stevens, Suzanne Sutherland, Chris-Linn Jacobs, Michelle Opperman, Timothy Brits, Damien Clancy, Sabeehah Bhamjee en Celine Storking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button