Local newsNews

Bekende sakeman dood

Skokgolwe het deur die gemeenskap geruk na die dood van ’n bekende sakeman van eMalahleni vroeër die week.

Skokgolwe het deur die gemeenskap geruk na die dood van ’n bekende sakeman van eMalahleni vroeër die week.

Mnr. Kobus Pieters, eienaar van Witbank Abattoir is Dinsdag 31 Januarie dood in sy kantoor aangetref. Geen gemene spel word vermoed nie.

Mnr Pieters sal onthou word vir die suksesvolle hofinterdik teen die plaaslike stadsraad in 2010 waarin hy geslaag het om die stadsraad te dwing om hom ten alle tye van water te voorsien as daar wateronderbrekings was.

Vyf jaar later was hy weer in die hooggeregshof en die keer het hy baklei dat die stadsraad hom van elektrisiteit moet voorsien al was kragonderbrekings die stad se voorland.

Die Pieters-familie was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

LEES OOK:
Soveelste inbraak by besigheid
Hartseer na man in hospitaal sterf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button