Local newsNews

‘Doef-doef’ dryf inwoners na raserny

Klipharde musiek vanaf Witbank Provinsiale Hospitaal wat die vensters laat dreun, het inwoners al raadop.

Klipharde musiek vanaf Witbank Provinsiale Hospitaal wat die vensters laat dreun, het inwoners al raadop.

Volgens ’n inwoner wat in dieselfde straat woon, sukkel hulle al ’n geruime tyd met hierdie probleem.

“Ons het dit al by meer as een persoon aangemeld. My man werk skofte en die lawaai maak dit onmoontlik vir hom om te slaap. Hulle parkeer hulle voertuie in die aand, deure wawyd oop met musiek wat blêr, voor die hospitaal en ons moet daarmee saamleef. Hulle het so paar weke gelede een of ander partytjie gehou. Die plek na die tyd was horribaal – drankbottels en gemors het die hele plek vol gelê. Ek is nou moedeloos,” het die ontstoke inwoner vertel.

Sy het ook gesê dat sy Saterdag, 18 Februarie eers na 03:00 kon slaap, toe die musiek bedaar het. Ook dat sy al met meer as een werknemer by die hospitaal in kontak was, onder andere die sekuriteit, matrone en ’n dokter in die administratiewe gebou.

“Die polisie was ook hier en het ’n waarskuwing uitgereik. Die musiek het bedaar, net tot die volgende keer. Hierdie kwessie is nie net ’n dag of twee nie. Dit gaan al ’n geruime tyd so aan, en die musiek kom vanuit die kamers waar die personeel bly. Nie net is dit ’n geblêr van musiek nie, maar somtyds skree die mense ook, om een of ander rede. Die gemeenskaps- polisieëringsforum (GPF) was al hier, hulle het ook al die geraas stil gemaak,” het die inwoner bygevoeg.

Sy het ook gesê dat hulle absoluut geen empatie het vir siek mense nie.

“Dit is ’n hospitaal, hier lê siek mense en die personeel gaan so tekere,” het sy ook gesê.

Die inwoner het bygevoeg dat haar man op ’n vorige geleentheid al gebruikte mediese voorraad in hulle tuin opgetel het, aangesien hulle oorkant die hospitaal woon.

’n Dokter van die hospitaal is gekontak, en hy het gesê dat hy konstant in kontak is met inwoners in die gebied en dat die probleem na omgesien word.

ALSO READ:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/65988/finding-the-mute-button-for-noise-pollution/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/70273/no-sleep-for-residents-as-music-blares/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button