Inwoners aangeval deur bye
Talle inwoners en diere het deurgeloop toe ’n swerm bye hulle in Blancheville toegetakel het.

Talle inwoners en diere het deurgeloop toe ’n swerm bye hulle in Blancheville toegetakel het.
Op Woensdag, 15 Februarie het ’n groot swerm bye in Adelastraat honde dood gesteek en ook mnr. Marius Olckers het deurgeloop.
“Ek was besig om gras te sny toe ek gesteek word. My vrou het my na ons huisdokter gejaag en daar het hy vir my ’n op ‘n drip gesit en medikasie gegee. Ek het begin sleg voel daarna en ’n pyn in my bors gehad. Ek het die volgende dag na Witbank Hospitaal gegaan, en na nege ure se wag is daar vasgestel dat ek ’n ligte hartaanval gehad het. Ek was gelukkig nie allergies vir die bye voor die voorval nie,” het Olckers gesê.
Hy het genoem dat hy beter is, maar sukkel steeds met sy bloeddruk na die voorval.
https://www.citizen.co.za/witbank-news/87940/bye-broodnodig-vir-die-natuur/
Volgens ander inwoners van die straat, weet hulle nie waar die bye vandaan gekom het nie. Olckers se suster, Cecelia Brown, het vertel dat hulle twee Labradors ook gesteek is, maar steeds lewe. Ander diere in die straat was nie so gelukkig nie. Een inwoner het sewe honde verloor, waaronder vier hiervan, drie-week-oue baba hondjies was.
Een van haar honde is glo al 12 jaar deel van die familie, en sy het vertel hoe hulle steeds herstel na hul groot verlies. Ander diere is ook in die voorval dood.
’n Byeboer van Middelburg, mnr. Martin Nel het Dinsdag, 21 Februarie aan WITBANK NUUS vertel dat die droogte veroorsaak dat bye nie ‘afstof’ nie. En aangesien die vogtigheid in die lug die laaste ruk toegeneem het, as gevolg van die reën in ons stad, maak dit die blomme meer vogtig. Dus vermeerder dit die nektar en stuifmeel in die blomme en veroorsaak dat meer bye in sekere gebiede uitbroei.
“Indien iemand met enige iets, hetsy ’n grassnyer of enige ander voorwerp, naby ’n bynes gaan, gaan hulle kwaad word en die naaste persoon of dier steek. Hulle moet immers hul koningin beskerm. Die reuk van die vars gesnyde gras gaan hulle ook aantrek en die vibrasie van die grassnyer lok hulle ook uit. Mense moet asseblief versigtig wees, ek het al so baie gevalle gehad van kinders by skole wat die bye of neste met klippe gooi. Daar is ongeveer 350 000 tot 2 miljoen bye in een swerm, afhangende van die grootte van die korf. Jy moet ook weet dat die hospitaal vir jou wag as jy met ’n blikkie insekdoder of ‘doom’ naby ’n by kom. Hy moet homself beskerm teen enige bedreiging. Ek wil graag mense beskerm, so mense moet paraat wees wanneer dit kom by bye. Moet hulle nie uitlok nie, want dan gaan jy moeilikheid kry,” het Nel gesê.
Hy het ook bygevoeg dat bye wel ’n bedreigde spesie is.
“Wanneer ons al die bye uitwis, het die mensdom ongeveer ses jaar oor om te lewe,” het hy ten slotte bygevoeg.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/66377/the-beesness-was-taken-care-of/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/80298/where-will-we-be-without-bees/
