Local newsNews

Jongman kritiek na ongeluk in woonbuurt

"Op die oomblik is hy uit gevaar. Hy het sy kop baie, baie hard gestamp met die het dit ’n bloedklont gemaak in die middel van sy brein,”

“Dis nog nie bekend wat Sondag gebeur het nie, dis vir ons almal ’n raaisel,” het Chané Herholdt gesê na die ongeluk waarin haar broer baie ernstig beseer is.

Die ongeluk wat Sondag 26 Februarie omstreeks 14:00 in Wattlestraat, Hoëveldpark gebeur het, het mnr. Jeanré du Plessis (18) met erge hoofbeserings gelaat.


Jeanré du Plessis.

“Ons vermoed hy het beheer verloor oor sy voertuig en het in die buitemuur van ’n erf vasgery,” het me. Herholdt gesê.

Jeanré is Sondagaand in Milpark Hospitaal opgeneem waar hy onder sedasie gehou word, terwyl hy aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel is.

“Die dokter doen môre weer nuwe skanderings dan kan ons meer weet oor sy toestand en of die bloeding en swelling al gesak het. Maar op die oomblik is hy uit gevaar. Hy het sy kop baie, baie hard gestamp met die het dit ’n bloedklont gemaak in die middel van sy brein,” het Chané verduidelik.

Die dokter het verder vir sy familie gesê dat hy nie kan oppereer nie omdat dit baie gevaar kan inhou en dat die klont self sal opklaar.

“Die goeie ding is dat Jeanré reageer op pyn en sy hande beweeg, so dit beteken daar is nog breinfunksie. Sodra die bloeding minder is gaan hulle hom wakker maak,” het sy met hoop gesê.


Jeanré du Plessis (18) lê kritiek in Milpark Hospitaal na ’n ernstige motorongeluk in Wattlestraat, Hoëveldpark op Sondag 26 Februarie.

Die dokter sê dit kan tyd vat en niemand kan se hoe lank dit kan neem nie.

“Daar is hoop en ons glo steeds dat God ’n volmaakte wonderwerk gaan doen in Jeanré se gees, sy siel en liggaam. Weereens baie dankie vir elke een wat vir hom bid ons is so dankbaar en weet God is steeds ons Geneesheer en Hy bly steeds in beheer. Bly net saam ons glo en vertrou dat God iets bonatuurliks vir ons boetie gaan doen. Want al wat ek nou kan doen is die God dank vir sy liefde en getroue teenwoordigheid by Jeanre, hy is in Sy Hand,” het Chané met volle vertroue ten slotte gesê.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/27776/motorfietsryer-kritiek-na-ongeluk/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/47575/domonic-kritiek-na-motorfietsongeluk/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button