CrimeNews

Boomplant toe net so verkeerd soos boomrook

Hetsy jy nou die blare van die ‘boom’ water of uitdroog om te rook, in die tronk sal jy beland.

Hetsy jy nou die blare van die ‘boom’ water of uitdroog om te rook, in die tronk sal jy beland.

Die afgelope week het die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) verwoesting gesaai toe daar informasie verkry is van ’n kophoogte daggaboom in ’n gesiene buurt. Polisie het ’n lasbrief verkry en toegesak op die huiseienaar met groen vingers. Die verdagte se boom is daar en dan verwoes en hy in hegtenis geneem.

Hulle het nie net daar gestop nie en het twee verskeie arrestasies verder gemaak. Op 24 Februarie het ’n verdagte sy rieme vasgeloop toe ’n polisiebeampte hom as verdag opgemerk het en deursoek het.


Die daggaboom wat deur die Witbank Polisie afgebreek is die afgelope week in eMalahleni.

Op die verdagte is daar dagga gevind en hy is in hegtenis geneem. Net om die hoek van dié arrestasie was nog ’n beampte op diens besig om die strate van eMalahleni skoon te maak van alle onraad. Hy het ’n senuweeagtige verdagte sien rondkyk en hom in sy spore gestop en deursoek.

By die verdagte is daar onder andere dagga en ander dwelms gevind. Hy is ook gearresteer en sal saam met die ander verdagtes die komende week in die hof verskyn.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/87992/dag-na-dag-se-ondersoek-lei-na-pakke-dagga/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/73704/dagga-in-die-gatsak/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button