Local newsNews

eMalahleni is semi-finalis vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Die publiek het nou die geleentheid om te stem. SMS die woord eMalahleni na 33157. Elke SMS kos R1.50

Die Steenkoolstad moet nou sy vere regskud.

Op 8 Maart het Kwêla aangekondig dat eMalahleni een van drie finaliste in Mpumalanga is wat meeding om die gesogte titel van Dorp van die Jaar

Mbombela en Witrivier is ook in die pylvlak saam met eMalahleni.
Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies kom verfilm.
Wanneer ál nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 20:30 op 24 Mei tot 12:00 30 Mei vir die wendorp kan stem.

Die publiek het nou die geleentheid om te stem. SMS die woord eMalahleni na 33157. Elke SMS kos R1.50

Die wendorp word op 7 Junie op Kwêla aangekondig.
Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET.

Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot partytjie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word

KYK VIDEO HIER

https://kyknet.dstv.com/2017/03/08/dorp-van-die-jaar-2017-eerste-semi-finaliste/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button