Local newsNews

Jeanré ontwaak uit koma

Die jongman wat kritiese in die hospitaal beland het na ’n erenstige karongeluk, is uit die koma.

Die jongman wat kritiese in die hospitaal beland het na ’n erenstige karongeluk, is uit die koma.

“Dis dalk steeds nie bekend wat die Sondag van 26 Februarie gebeur het nie, ons almal is nog in die donker daaroor. Maar nou gee ons net dank aan ons God omdat hy Jeanré wakker laat word het,” het sy sussie, Chané Herholdt gesê.

WITBANK NUUS het vroeër berig dat Jeanré in Milpark Hospitaal opgeneem is waar hy onder sedasie was en hy aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel is.

Na twee moeilike weke vir die familie van Jeanré het goeienuus net op die regte tyd gekom toe hy op 12 Maart ontwaak het uit die koma.


Jeanré du Plessis (22) het amptelik uit ’n koma wakker geword.
Sy familie het op 12 Maart dit aangekondig na hy twee weke kritiek in Milpark Hospitaal lê.

“Ons is dankbaar vir die grootheid en goedheid van God, dit is watter woorde ek op die stadium het,” het Herholdt met ’n stem van vreugde vertel.

Sy boetie het ook met ’n hart vol vreugde en hartseer vertel,

“die laaste twee weke het ons lewens verander , ons klein boeta se lewe was amper geneem maar met God se genade veg hy elke dag vir sy lewe. Ek het nog nooit so bang en alleen gevoel in my lewe nie. Dit voel soos gister wat ons, ons Pappa moes begrawe ek sou dit nie kon maak om hom ook te verloor nie. Om elke dag te wag vir nuus het my gedaan gemaak dan hoor ons dit gaan beter en dan kry hy weer n terugslag en wat vir my die ergste van als is , is die feit dat ek niks vir hom kan doen nie ek wens ek kon plekke ruil met jou boeta. Ek wens ek kon jou seer wegvat en net weer jou hart siel en gees kom heel maak maar net Jesus kan .Ek weet dat ek weet Jesus het ’n doel met jou lewe. Toe ek gister hoor jy het ’n terugslag gehad het my lewe tot stilstand gekom ek kon dit nie glo nie, ek wou nie! Ek het heel aand aan jou gedink, aan toe ons klein was en saam stout was hoe kon alles in n nagmerrie verander. Dit was ’n totale emosionele nagmerrie. Maar vandag, 12 Maart 2017 hoor ons die beste nuus ooit jy is uit ’n koma en haal van 14:00 af self asem en jy reageer al is dit stadig. Die punt bly dat jy reageer.”

Op 14 Maart het Herholdt vertel van die nuutste verwikkelinge van haar brawe boetie.

VIDEO
Jeanré du Plessis (22) het amptelik uit ’n koma wakker geword, kyk hier.

“Ek gee nie om wat dit vat nie en hoe lank nie maar met God se genade sal ons hier deur kom en hy sál weer gesond wees. Hy is nog stadig en deurmekaar. Hy sukkel nog ’n bietjie om te fokus en ons wag vir die dokter se terugvoer oor die uitslae van sy brein maar oor die algemeen is die dokter baie tevrede met sy kondisie. Dankie vir almal se liefde , omgee en gebede geen woorde kan beskryf hoe dankbaar ons is nie dankie, tienduisend maal.”

Jeeanré se familie het ten slotte bygevoeg, “Jy is nou besig om wakker te word so roer jou en kom huistoe, al ons liefde mamma, Tiaan, Alischia, Wayne en Micke, Chane’, Quintin en Keanan.”

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88023/jongman-kritiek-na-ongeluk-woonbuurt/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/83591/ma-en-seuntjie-dood-in-ongeluk/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button