Nuwe eienaar moet boete opdok
Me. Elsa Human was hoogs ontstoke toe verkeersbeamptes haar kar wou vat as gevolg van ’n uitstaande boete.

Me. Elsa Human was hoogs ontstoke toe verkeersbeamptes haar kar wou vat as gevolg van ’n uitstaande boete.
Op Woensdag, 15 Maart is sy afgetrek by ’n padblokkade op die Kriel-pad. Hier het beamptes haar gevra vir haar lisensie en ook die voertuig se lisensie nagegaan. Daarna was ’n boete op die voertuig opgetel van die vorige eienaar.
“Ek het die voertuig by ’n handelaar gekoop en het al die lisensieskyf gaan uithaal, met geen probleme. Vandag, toe ek laat was om my kinders by die skool te gaan haal, wil hulle sommer my voertuig vat as gevolg van die uitstaande boete,” het sy Donderdag, 16 Maart vertel.
Sy het vertel dat sy geweier het dat hulle haar voertuig vat, vir iets wat nie haar skuld was nie.
“Hulle wou my eers arresteer, en toe ek weier om uit die voertuig te klim, het die beampte gesê hy gaan my BMW vat tot die vorige eienaar opgespoor kan word om die boete te vereffen. Ek het die voertuig in Augustus 2015 gekoop en sedertdien geen probleme met enigiets gehad nie,” het sy verder gesê.
Daar is ’n R500- boete op die voertuig en Elsa het verder gesê dat ’n ander vrou gesê het dat die beampte haar moet laat gaan, maar Elsa het 24-uur om die boete te gaan uitsorteer.
“So het ek toe Donderdagoggend 08:00 na die munisipaliteit gegaan en daar is ek uitmekaar gevloek, en die vrou agter die lessenaar het gesê dat ek nie ’n keuse in die saak het nie. Ek het regshulp gaan vra en was ingelig dat ek nie die boete hoef te betaal nie,” was haar verdere woorde.
Sy het gesê dat die boete haar nie pla nie, aangesien dit nie haar probleem is nie.
“Die eenvoudige feit dat ek so aangevat en so behandel was, het my briesend gemaak,” het Elsa ten slotte gesê.
ALSO READ:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/82330/blou-ligte-flikker-steeds-op-die-snelwee/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88761/insleepdienste-vat-die-pad-oor/
