Local newsNews

‘eMalahleni gaan veiliger word’

Die reaksiespan het hul voorlegging aan die verteenwoordiger van Witbank Polisie, adjudant-offisier Gert James, voorgelê.

AfriForum Buurtwag het onlangs hul maandelikse vergadering gehou.

Op 29 Maart het die lede in die vergadering bespreek wat die volgende stappe is om eMalahleni nog veiliger te kan maak.

Die reaksiespan het hul voorlegging aan die verteenwoordiger van Witbank Polisie, adjudant-offisier Gert James, voorgelê.

Die buurtwag het al menige operasies saam die polisie onderneem.

“AfriForum Witbank Buurtwag se reaksielede is hier om ’n verskil te maak in ons dorp. Meeste van die reaksielede het reeds Noodhulp 1 en 2 sertifikate, asook basiese brandbestrydingsopleiding en sal in die komende maande weer noodhulp, toneelbestuur, insident-beheer, mes-kursus en taktiese opleiding ontvang,” het voorsitter van AfriForum Buurtwag, Michael Visagie bygevoeg.

Raak vandag betrokke by jou buurtwag deur op die Zello applikasie te soek vir Afriform Witbank lede of gebruik die skakel, https://zello.me/k/e4Rsd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button