Lig en Lewe bied Paaskonferensie en Kruisstap aan
Dit beloof om soos elke jaar die grootste Kruisstap te wees.

Hierdie jaar is die 11de jaar wat die Paasnaweek Kruisstap in eMalahleni gaan plaasvind.
Dit beloof om soos elke jaar die grootste Kruisstap te wees.
Daar is verskillende gemeentes wat Vrydag 14 April deelneem.
Daar word vlotte gebou wat die uitbeelding van die Kruisiging van Jesus Christus uitbeeld en daar is ’n persoon wat die kruis sal dra, asook Romeinse soldate wat hom begelei en ramshoringblasers wat die basuine sal blaas om die blye boodskap van redding en genade te verkondig. Daar sal ook tamboerynspelers net agter die ramshoringblasers wees en dan die stappers, wat gewoonlik honderde stappers insluit.
Die vlotte word jaarlikse deur Lig en Lewe Bedieninge en verskeie ander gemeentes, asook individue gebou. Dit staan enigiemand vry om ’n vlot te bou. Almal moet hul eie kruise en vlae bring.
Kosstalletjies sal beskikbaar wees by die eindpunt (Pick n Pay, Klipfontein), sowel as water en koeldrank.
Motors kan by Pick n Pay, Klipfontein onder toesig gelos word, vanwaar busvervoer na Safeway Crescent beskikbaar is. Deelnemers sal vanaf 14:30 reeds vervoer word tot by beginpunt.
Stappers sal 16:00 vanaf Safeway Crescent begin stap tot by Pick n Pay waar daar ’n diens om 17:30 sal wees.
Verskeie motorfietsklubs en privaat motorfietsryers sal vanaf Safeway Crescent vertrek om 17:00 na die eindpunt.
Die prediker vir die aand is die welbekende ‘profeet’ Riaan du Toit.
Die Paaskonferensie begin Saterdag 15 April om18:00 met pastoor Jimmy Abbott (die bokslegende) as gasspreker.
Sondag 16 April word die konferensie hervat tydens die oggenddiens om 10:00 en die aandiens om 18:00. Hiertydens is dr. Fred Lubbe, van die Kaap, die prediker.
Lig en Lewe Bedieninge is geleë op die hoek van De Kock- en Steve Bantu Bikostraat.
“Ons wil almal wat in die stad is nooi om deel te neem aan die Kruisstap, sowel as die Paaskonferensie,” het dr. Peet van Kraayenburg gesê.
Enige navrae kan gerig word aan dr. Peet of dr. Anita van Kraayenburg: 082 855 7730 of 082 853 2989 of die kerkkantoor: 013 692 4221 (Wilma of Jeandré).
