Local newsNews

Kruisstap om Hom te loof en prys

Die Kruisstap het geëindig met ’n diens deur welbekende ‘profeet’ Riaan du Toit

Met kruise in die hand en lofliedere op die lippe het mense saamgestap in vanjaar se Kruisstap.

Die Kruisstap word jaarliks op Paasvrydag deur die Lig en Lewe Bediening aangebied.

Daar is Vrydag 14 April by die parkeerarea by Saveway Crescent aangemeld, waarna mense in een groep saambeweeg het na die Pick n Pay parkeerarea in Klipfontein.

Die Kruisstap het die gemeenskap van verskillende kerke saamgebring met een doel voor oë – om Jesus Christus te loof en prys op sy Kruisigingsdag.

Die Kruisstap het vanaf Saveways Sentrum tot by Pick n Pay in Klipfontein beweeg.
Saam met die mense het vlotte, wat elkeen sy eie storie uitgebeeld het, beweeg.

Die Kruisstap het geëindig met ’n diens deur welbekende ‘profeet’ Riaan du Toit.

Mense is ook in die Heilige Gees gedoop by die Paaskonferensie by Lig en Lewe op Saterdag en Sondag.

Lig en Lewe bedank ook die verkeersbeamptes en andere wat ’n helpende hand verleen het om die verkeer te reguleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button