MunicipalNews

Riool stink in Pienaarstraat

Mnr. Sean Pieterse en sy vrou is al keelvol vir riool op hul voorstoep.

Mnr. Sean Pieterse en sy vrou is al keelvol vir riool op hul voorstoep.

Op Vrydag 10 November het WITBANK NUUS ’n oproep ontvang van die rioolprobleem, wat toe die volgende dag reggemaak is. Maandag 13 November het die probleem weer gedeeltelik ontstaan maar hy het die volgende dag vertel hoe hul steeds in die stank moet lewe.


Die riool wat ophoop in Pienaarstraat.

“Dit is verskriklik onhigiënies om so te lewe. Die probleem is wel opgelos, maar en meeste van die water is weg. Maar die oorblyfsels lê steeds in ons erf. Ons het nêrens om dit heen te vat nie. Ons sit handdoeke voor die deur om die stank uit te hou,” het Pieterse gesê.


Riool lê die hele erf vol in Pienaarstraat.

Hy het bygevoeg dat die stadsraad slegs die huidige probleem oplos, maar nie seker maak of die res van die drein oop is nie.

“Ek is baie bitter oor die hele situasie. Ons kan nêrens met die goed heen gaan nie so dit lê nou maar net in ons erf. Die kombuisdeur is waar die riool is, en ek gaan dit nie met my hande optel nie. Ons het hoeveel mense geskakel en deur hoeveel kanale gegaan met die hoop om die probleem op te los. My vrou het uiteindelik iemand gekry en nou word ons konstant gebel. Maar wie gaan die gemors skoonmaak?” het Pieterse gesê.

Die probleem is aan die stadsraad oorgedra, maar geen terugvoer is ontvang teen druktyd nie.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/90981/besigheid-verdrink-riool-2/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/77610/riool-vloei-en-water-word-vuiler/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button