CrimeNews

‘Fort Knox’ weer die teiken

’n Inbraak oor die naweek het weereens groot skade gelaat.

“Die plek hier buite lyk soos Fort Knox, maar dit help veel as inbrake steeds onophoudelike skade veroorsaak.”

Dit was die woorde van ’n moedelose me. Savyn Outram wat al sedert November probeer om die skade wat na elke inbraak by hul skrootmetaal-besigheid in Klipfontein aangerig word, te herstel.


Geldsakkies lê die kantoor vol na ’n inbraak by ’n besigheid in Klipfontein oor die naweek.

’n Inbraak oor die naweek het weereens groot skade gelaat.

“Dit moes Saterdag of Sondag gewees het, ons was nie hier nie. Die verdagtes het toegang verkry deur die dak, nadat hulle ’n opening bo in die sinkdak gesny het. Hulle het toe in die twee vertrekke, gate in die dak gemaak en die alarmsisteem ook uitgeruk,” het Outram Maandag 12 Februarie gesê.

LEES OOK

Soveelste inbraak by besigheid

Verdagtes vasgetrek tydens inbraak

Sy het bygevoeg dat hul rekenaar en kluis onder die gesteelde items was.

“Dit is die eerste keer dat hulle inkom. Ek het op 1 Februarie ’n ton voorraad teruggekry na diè gesteel is. Die veiligheidsglas in die een vertrek is ook uitgeslaan met ’n hamer,” het Outram bygevoeg.

“Alhoewel ons sedert November al baie skade gely het, is hierdie die eerste ernstige inbraak, waar baie meer as net voorraad gesteel is. Ons is sedert 2016 hier.”


Gate in die dak om toegang tot die binnekant van die besigheid te verkry.

Outram het gesê dat ’n selfoon, wat vermoedelik aan een van die verdagtes behoort, buite opgetel is met ’n simkaart in.

“Die polisie het gesê daar is drie kontakte op, so hopelik kan iemand inligting kry in verband met die inbrake.”

Die veiligheid rondom die besigheid is van so aard, dat niemand sommer net kan inloop nie.


Die kluis was met ‘roll bolts’ vas teen die muur, en diè is ook tydens die inbraak uitgeruk.

“Jy sal verbaas staan. Hulle pak bakstene onder die elektriese heining en klim dan so deur ’n opening. Tel ook al die goed daar deur. Daar is nou reeds een stel van die drade geknip, en dit is vermoedelik hoe hulle uitgegaan het. Die verdagtes het beslis baie tyd gehad en ek glo dit was meer as een persoon,” het Outram gesê.

Sy bied ’n R10 000 beloning aan vir iemand wat kan help met bruikbare inligting rakende die inbraak

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button